Nou ja, aangesien ons nou 'n nuwe forum het om te gebruik, laat ek die eerste wees om iets te vra.
Waar in SA kan ek Solite of soortgelyke ligte oortrek materiaal kry?
Ek het 'n klein 50cm Stik gebou met 'n opgeboude vlerk. Probleem is die vlerk is te lig gebou vir die gewone oortrek materiaal of sellotape en dit trek die arme vlerkie heel krom. Daarby weeg die vlerk raam 8 gram en na die oortrek materiaal by is, weeg dit 22 gram. Ek is nie lus vir tissue nie, so solite of so iets is die antwoord.
