Ek het 'n Suppo 2212 aangeskaf wat so ongeveer 1100 rpm/V sonder prop geloop het. Die vliegtuig waarin ek dit wou sit het meer spoed nodig as wat die motor kon gee. Oplossing - Herbedraad die motor.
Ek het .6 en .8 mm draad beskikbaar gehad. Volgens Drivecalc se "Wire & Stator Calculator" kan dit 9 draaie per tand van .6mm vat en net 4 draaie per tand van .8mm. Ek besluit toe om te kyk hoeveel ek wel van .8mm kan opkry. Dit wat 'n moelike bedrading, maar ek het uitendelik 6 draaie per tand, dLRK met Delta verbinding opgekry.
Resutaat: Omgeveer 2200 rpm per volt. met 'n 3s battery spin dit 'n XYH/EMP 7x4 prop ten 18400 rpm per volt en trek 42A. 484 Watt. Vir 'n 50 gram motortjie leer dit ongeveer dieselfde krag as 'n .30 2 slag glow enjin.
Ek het dit toe in die 710 gram sport vliegtuigie gesit. Ek het nie 'n video daarvan nie, maar die motor trek die vliegtuit ongelooflik sterk. Eerste vlug nie te hard gevlieg nie om te kyk of die motor dit kan vat. Dit was koel met die landing. Tweede vlug het ek hom hard gedruk. Dit was net lou-warm met landing. So, ek kan maar die motor druk, hy kan dit hanteer. Die tweede vlug het ongeveer 7 minute geduur en het net ongeveer 1000mA uit die 1800mAh battery getrek. Ek sal nog 'n in-vlug EagleTree lesing neem.
Wys net, baie krag kos nie noodwendig baie geld nie.
